10th May 2012

Templeton vinnig op pad na gerekende hokkie-bokkies

Bedford – Die hokkiemeisies van Hoërskool Templeton het Hoërskool PJ Olivier op Donderdag, 10 Mei aangepak.   Vir die meisies was dit omtrent ‘n belewenis, aangesien dit hul eerste keer op ‘n astro oppervlakte was. Nietemin word Templeton nie afgeskrik hiermee nie en lewer  ‘n skouspelagtige spel. Vir Templeton wat nog hul voete vind in hokkie, was hierdie ‘n ongelooflike wedstryd wat net weer eens die skool se gesindheid en sportmanskap beklemtoon. Teen halftyd het PJ Olivier met 2 doele voorgeloop. Templeton het paar kanse gehad om doele te skiet, maar kon net nie verby PJ Olivier se verdediging kom nie!! Binne die 2de helfte het PJ Olivier nog 3 doele aangeteken wat die telling van 5-0 in PJ Olivier se guns beklink. Templeton hoef egter nie terug te gestaan het vir enige 1ste span nie.  Vir slegs hul 2de wedstryd van die seisoen vaar hierdie meisies uiters goed!!! Templeton pak volgende keer vir Wittedrift op Saterdag, 19 Mei en die skool is vol vertroue om Wittedrif te laat sien waar Dawid die wortels begrawe het!

m_temp_hok_bome_20120425_096_temp_1ste_hok_bo.jpg (original) (600 x 399) (63.94KB)
Die Senior Hokkie dogters saam met hul afrigter Mej Pienaar
back
 

website design, search engine optimisation by ZAWebs Designs ZA Webs
web hosting by ZAWebs Hosting ZA Web Hosting