2nd March 2015

Die jaarlikse Kleurebyeenkoms van Hoërskool Templeton het op 29 en 30 Januarie 2015 plaasgevind.  Tydens hierdie byeenkoms het al die leerders vanaf Graad R tot 12 die geleentheid gehad om teen mekaar mee te ding.  Ten spyte van die hitte het talle atlete baie goed gevaar.  Lelam Ngelo dogter O/10 het die hoogste totale punt volgens die ASA tabel vir al haar items behaal vir die laerskool dogters terwyl Alungile Sidubedube eerste oor die wenstreep was in die 100m, 200m, 400m, 800m sowel as die 1 500m S o/13.  Hierdie twee uitstaande atlete is dan ook aangewys as Junior Victrix en Victor Ludorum onderskeidelik.  Die Groenspan het as algehele wenners van die byeenkoms uit die stryd getree.

 m_temp_010atletiek.jpg (medium) (240 x 158) (15.86KB) m_temp_039atletiek.jpg (medium) (240 x 158) (14.82KB) 
 Die Groen en geelspan se seuns spook dit uit na die wenpaal  Die Groen en geelspan se dogters spook dit uit na die wenpaal

Tydens die Adelford Sirkelbyeenkoms, wat op 6 Februarie plaasgevind het, het 26 van Templeton se atlete deurgedring na die Fort Beaufort Distrikbyeenkoms.  Ook daar het die atlete besonder goed gevaar.  Alungile het 1ste in die 100m en  2de in die 200m oor die wenstreep genael terwyl Sky Mathews derde was in diskus S o/13.

Albei hierdie atlete het deurgedring na die Amathole Kampioenskappe.  Tydens hierdie byeenkoms, wat Saterdag 21 Februarie in Oos-Londen plaasgevind het, het Alungile ‘n derde plek behaal in die 100m finaal (13,05 s) en 5de geeïndig in die 200m finaal nadat hy 2de was in die semi-finale van beide naellope.

m_temp_094atletiek.jpg (original) (1000 x 662) (120.76KB)   
Alungile Sidubedube besig om veld t e wen tydens die 200m Semi Finaal vir seuns 0/13 by Amathole byeenkoms  

 

Baie geluk aan al die atlete en dankie aan al die onderwysers wat op een of ander wyse bygedra het tot die sukses van hierdie atletiekseisoen.

back
 

website design, search engine optimisation by ZAWebs Designs ZA Webs
web hosting by ZAWebs Hosting ZA Web Hosting