19th May 2012

TEMPLETON SE HOKKIE BOKKIES BEDRYWIG

Die afgelope naweek het weereens gesorg vir goeie hokkie en was ‘n gulde geleentheid om Templeton se hokkietalent te slyp. Die Eerstespan het Wittedrif aangepak en ongelukkig 0 – 7 verloor. Daar is nog baie slypwerk wat wag, maar die meisies se gesindheid dra die span om harder te werk.

Die Tweedespan het hulself goed van hul taak gekwyt teen Adelaide. Die deursettingsvermoë van die span het hul help vasklou en met mening laat verdedig en aanval. Skitterende spel is gelewer en die teliing was 0 – 0.

Alle sterkte aan Templeton wat Woensdag teen Cradock speel. Ons vertrou dat die meisies voluit sal gaan en hul beste gee.

m_temp_hok_bome_20120425_052_temp_1ste_hok_bo.jpg (medium) (240 x 159) (13.74KB) m_temp_hok_bome_20120425_085_temp_1ste_hok_bo.jpg (medium) (240 x 159) (12.62KB)
Johnson 1ste span loods 'n aanval teen Wittedrift Die 2 de span se agterspelers en doelwagter staan rotsvas teen elke aanslag van Adelaide
back
 

website design, search engine optimisation by ZAWebs Designs ZA Webs
web hosting by ZAWebs Hosting ZA Web Hosting