25th January 2013

Soos die gebruik oor baie jare is die groot dag van atletiek eers voorafgegaan met die “Groot Brag”. Nie eens die verseggende hitte het die organiseerders en deelnemers laat wegskram van hierdie groot opbou tot die mededinging tussen die Geel- en Groen-span nie.  Die spanne het met tradisionele boeresport aktiwiteite teen mekaar meegeding.

   
Soek die smartie tussen die meel  

FOTO: 130124_016 Eer Skd Int At 

Soek die smartie tussen die meel

 

Die doel van die interhuis atletiek byeenkoms is nie net om belowende atlete te identiviseer nie, maar ook om vir elke leerder die geleentheid te kan gee om deel te neem aan atletiek.  By Templeton word dan ook voorsiening gemaak vir al die ouderdomsgroepe van O/6 tot O/19.

 

Hierdie jaar was die kompetisie straf en ‘n hele paar rekords is verbeter.

 

Joslin Van Heerden Dogter verbeter die dogters O/6 60m in ‘n tyd van 11.81 s

Iyakwazi Thompson verbeter die 60m en 80m vir seuns O/6 in onderskeidelik 11.87 s en 15.23 s

Zoe Commens hardloop die dogters O/7, 80m in 12.82 s

Linomandla Mpondo, seun O/7 verbeter die 60m en 80m records met onderskeidelik 11.17 s en 13.56 s

Siphesihle Maqenge dogter O/8 verbeter die 60m rekord in 10.25 s

Gugu Mahobe verbeter die seuns O/13, 100m in ‘n tyd van 13.27 s sowel as die 200m in 28.31 s

Thando Majebe verbeter die seuns O/15, 100m met ‘n tyd van 11.67 s

Siyamthanda Mazeko seun O/15 verbeter die verspring rekord met 5,11m

Rojie Morwakoma ewenaar die seuns O/15 hoogspring rekord met 1.56m

Lisandiso Makinana verbeter die seuns O/17, 100m in ‘n tyd van 11.89 s

   

 

 
   
   

FOTO: 130124_105 Eer Skd Int At

Songezu Diamond besig om gewig te stoot

 

FOTO: 130124_134 Eer Skd Int At

Siyamthanda verbeter die seuns O/15 verspring rekord

 

FOTO: 130124_150 Eer Skd Int At

Thando besig met ‘n aanslag op die 100m seuns O/15 rekord

 

FOTO: 130124_177 Eer Skd Int At

Die kleinspan laat waai

 

 

  

 

Na die byeenkoms is sertifikate vir die beste atlete in hul onderskeidelike ouderdomsgroepe oorhandig sowel as trofees.

Beverley Elliot ontvang die Junior Victrix Ludorum en Gugo Mahobe die Junior Victor Ludorum.

back
 

website design, search engine optimisation by ZAWebs Designs ZA Webs
web hosting by ZAWebs Hosting ZA Web Hosting