19th July 2013

Op Vrydag 19 Julie het Hoërskool Templeton (Bedford) deelgeneem aan ‘n uitkloprondte kompetisie in Fort Beaufort.  Die meisies het sterk begin aanval en wen hul eerste wedstryde teen Newtown van Fort Beaufort 3-0.  Hierna speel hul teen Alice Primêr en Templeton wen die wedstryd 3-1.  Hul kom toe in die semi-finaal te staan teen Inyabiba en met sterk wilskrag en skitterende spel tree die meisies van Templeton as wenner uit die stryd met ‘n telling van 1-0.

In die finaal speel Templeton teen die span van Adelaide Gimnasium.  Na ‘n klipharde wedstryd en deursettingsvermoë speel hul 0-0 gelykop.  Die wedstryd moes toe met strafdoele beslis word. Templeton se doelwagter keer die een strafdoel na die ander, maar na die  8ste  beurt dring Adelaide Gimnasium deur en teken ‘n doel aan.  Adelaide wen dus die toernooi.   Hoërskool Templeton is baie trots op die prestasie van die jong span.  Baie geluk Tempies met jul skitter spel.

back
 

website design, search engine optimisation by ZAWebs Designs ZA Webs
web hosting by ZAWebs Hosting ZA Web Hosting