6th February 2013

Hoërskool  Templeton het op 6 Februarie hul staal gewys op die atletiekbaan in Fort Beaufort tydens die distrik byeenkoms. Van die 20 atlete van Templeton wat deelgeneem het, het Sewe (7) atlete baie goeie prestasies gelewer:

  1. Enrique Bennett behaal ‘n 1ste plek in verspring seuns o/11 met ‘n afstand van 3,48m.
  2. Tabita Kasper behaal ‘n 1ste plek in hoogspring  dogters o/12 met ‘n hoogte van 1,05m sowel as ‘n 2de plek in spiesgooi  dogters o/12 met ‘n afstand van 12,40m.
  3. Antonio Hatha behaal ‘n 1ste plek in spiesgooi vir seuns o/12 met ‘n afstand van 18,51m.
  4. Thapelo Makaba behaal ‘n 2de plek in hoogspring vir seuns o/12 met ‘n hoogte van  1,25 m.
  5. Lihle Peter behaal ‘n 2de plek in gewigstoot dogters o/13 met ‘n afstand van 7,30 m.
  6. Zethu Msakatya behaal ‘n 2de plek in spiesgooi dogters o/13.
  7. Gugu Mahobe presteer fantasties met 1ste plekke in  800m (2m:29s), 200m (27,53s), 100m (12,72s) sowel as verspring met ‘n afstand van  4,61m. Mahobe stel dan ook ‘n  nuwe rekord op in die 100m en verspring vir seuns o/13. Baie geluk met hierdie uitmuntende prestasies! Hoërskool Templeton is trots op jou.

Die dag was ‘n reuse sukses en die skool wil graag almal betrokke bedank vir  hulp en  en toewyding aan die atlete.  Ons sien uit na verdere goeie prestasies!

 

FOTO : 130112-97 Eerst Skd Int

Antonio Hatha besig om spies te gooi

back
 

website design, search engine optimisation by ZAWebs Designs ZA Webs
web hosting by ZAWebs Hosting ZA Web Hosting