15th May 2012

Templeton Junior Rugby teen Laerskool Adelaide & Bedford Primêr

 

Die skool se junior spanne kon na heelparty onderbrekings uiteindelik hul ligaverpligtinge teenoor ons buurskool nakom.  Op Dinsdag ,15 Mei het die 0 / 9, 11 en 13 spanne  teen Laerskool Adelaide kragte gemeet en dit was gou duidelik dat dié wedstryd groot opwinding sou bied. Aan aksie was daar geen tekort nie en die volgende resultate is behaal:

 

O / 9 wen 14-0

O/11 verloor 5-10

O / 13 verloor 0-39

 

Hier moet ons egter lof toeswaai aan ‘n fantastiese o /13span van Laerskool Adelaide wat absoluut briljant was op die dag. Uit die staanspoor was dit duidelik dat hierdie span ‘n punt wou bewys en dít het hulle definitief gedoen. Dit blyk dat die pendulum geswaai het in die guns van Adelaide.

Welgedaan manne!

 

Op Saterdag, 19 Mei het die die o / 13 span na ‘n lang afwesigheid weer teen ons buurskool, Bedford Primêr, gespeel. Dit was voorwaar ‘n riller van begin tot einde. Hiervan kan die toeskouers getuig.

 Templeton behaal ‘n welverdiende oorwinning van 12-5. Hier moet ook spesiale vermelding gemaak word van die goeie gees waarin die wedstryd gespeel is. Knap gedaan, kêrels.

 

Ons sien uit na die volgende wedstryde waar al die ander ouderdomsgroepe ook sal speel. 

m_tem_mr_and_mis_tem_20120515_452_tem_mr_and_mis_te_.jpg (medium) (240 x 159) (14.94KB) m_tem_mr_and_mis_tem_20120515_480_tem_mr_and_mis_te_.jpg (medium) (240 x 159) (13.20KB)
Andrew Sampson O/9 op pad na die doellyn  Thembelihle Gora O/11 breek weg na die doellyn terwyl Alzwa Mapuma hom ondersteun
m_tem_mr_and_mis_tem_20120515_520_tem_mr_and_mis_te_.jpg (medium) (240 x 159) (12.75KB) m_tem_mr_and_mis_tem_20120515_534_tem_mr_and_mis_te_.jpg (medium) (240 x 159) (13.84KB)
Azola Labi O/13 breek deur die verdedigingslyn van Adelaide William O/13 breek om die losskram
back
 

website design, search engine optimisation by ZAWebs Designs ZA Webs
web hosting by ZAWebs Hosting ZA Web Hosting