19th August 2013

Hoërskool Templeton (Bedford) het Vrydag 16 Augustus teen Hoërskool PJ Olivier (Grahamstad) op die astrobaan meegeding.  Dit was die eerste keer hierdie jaar dat Templeton se senior dogters op ‘n astro kon speel. Hulle het egter gou aangepas en met aanvallende spel druk op PJ se 1ste  span geplaas.  Teen die einde van die eerste helfte was Templeton al reeds 2-0 voor.  PJ se dogters het met hernieude geesdrif die tweede helfte aangedurf en ‘n doel aangeteken.  Templeton se span het egter met ‘n verdere doel geantwoord.  Templeton wen die wedstryd 3 – 1.  Ludziya Zodwa het een doel en Sibusiso Qomfo het twee doele vir Templeton aangeteken. ‘n Begeesterde Tempies senior dogters hokkiespan het die aand na Bedford terug gekeer.  

m_130818__0156hok_pj_r_spandou.jpg (medium) (240 x 158) (11.10KB) m_130818__0194hok_pj_r_spandou.jpg (medium) (240 x 158) (11.05KB)
Olothando Twalo van Templeton dribbel die bal terwyl sy deur haar spanmaats ondersteun word. Sinethemba Duma (Templeton) stuur die bal na die doelsirkel   
back
 

website design, search engine optimisation by ZAWebs Designs ZA Webs
web hosting by ZAWebs Hosting ZA Web Hosting