8th August 2012

Hoërskool Templeton het Woensdag 26 Julie 2012 teen Gill Kollege kragte gemeet op die hokkieveld.  Dit was uit die staanspoor ‘n taai stryd, maar die Templeton speelsters het deurgaans goeie verdediging gebied. Beide die doelwagters het uitstekend gevaar.

m_hok_gill_and_amath_054hok_gill_en_amat.jpg (medium) (240 x 158) (17.18KB) m_hok_gill_and_amath_043hok_gill_en_amat.jpg (medium) (240 x 158) (12.14KB)
Sibosiso Qomfo van Templeton fnuik die verdediging van Gill terwyl Sandisiwe Blei en Nonde Nelanie haar ondersteun Nontsikelelo Johnson van Templeton speel die bal

 

Ongeag die telling het hierdie kragmeting weereens getoon waartoe Templeton hokkie in staat is.  Alhoewel nog ‘n jong sport by die skool, toon die spelers groot potensiaal en elke wedstryd is ‘n leerskool.  Wel gedaan meisies!  Julle hou die skool se naam hoog met jul veggees en uithouvermoë.

Baie dankie aan Gill vir die geleentheid om teen hulle te speel.  Dit was goeie wedstrydondervinding!

back
 

website design, search engine optimisation by ZAWebs Designs ZA Webs
web hosting by ZAWebs Hosting ZA Web Hosting