31st July 2012

 

m_dsc_0234.jpg (medium) (158 x 240) (12.67KB)

 

Le’zanne Mentoor trotse ontvanger van die gesogte Prefektetrofee 

 

Le’zanne Mentoor , Graad 11 leerder, was die waardige ontvanger van die gesogte Prefektetrofee vir die tweede kwartaal 2012.  Hierdie trofee word toegeken na inagneming van verskeie aspekte.

Le’zanne, die mens:

Sy is ‘n goed opgevoede jong dogter, sensitief vir ander se gevoelens, te alle tye behulpsaam en uiters mededeelsaam.  Omdat sy dikwels so ernstig voorkom, gaan haar sprankelende kant soms ongemerk verby. Sy is positief, opgewek, beleefd en kan te alle tye deur ‘n ring getrek word.  Sy is betroubaar; ‘n ware staatmaker. 

Le’zanne, die leerder:

Akademies

Sy bewys oor en oor dat sy nie net ‘n uiters intelligente kind is nie, maar ook verskriklik hardwerkend:   ‘n wenkombinasie vir sukses!

Kultureel

Le’zanne is altyd deel van dansgroepe.  Sy is baie kreatief en kom dikwels met haar eie unieke idees.  Sy reël ekstra oefeninge wat ‘n bewys is van haar nougesetheid en entoesiasme vir elke taak wat sy aanpak. 

Sport

Op sportgebied blink sy uit as atleet en netbalspeelster – tekenend van haar veelsydigheid.  Sy speel vanaf Graad 10 in die 1ste netbalspan en val vanjaar uit tydens die Amathole proewe. Sy verteenwoordig die skool in Atletiek op distriksvlak.  Voorwaar ‘n prestasie!

 

Le’zanne die leier

Le’zanne is as prefek verkies juis omdat al dié talle deugde deur haar mede-leerders raakgesien is.  Sy kwyt haarself as prefek elke dag goed van haar taak en mede-leerders weet hulle kan op haar steun. Met die tragiese heengaan van ‘n mede-matrikulant lei sy haar mede-studente en selfs leerkragte deur ‘n dinamiese boodskap van hoop aan die bedroefde gesin te bring;  op dié wyse openbaar sy ook haar dieper spirituele sy en ‘n fantasiese welsprekendheid.

 

Le’zanne se veelsydigheid en onkreukbare karakter maak haar ‘n waardige ambassadeur van Hoërskool Templeton en die onbetwisbare ontvanger van die Prefektetrofee.

back
 

website design, search engine optimisation by ZAWebs Designs ZA Webs
web hosting by ZAWebs Hosting ZA Web Hosting