11th August 2012

Hoërskool Templeton het in verskillende sportkodes teen Adelaide Gymnasium en Laerskool Adelaide meegeding.  Die sportprogram het al Donderdag, 2 Augustus begin om die verskillinde sportkodes tussen die drie skole te akkommodeer.

 

Senior Dogters Hokkie

Templeton se 1ste en 2de Hokkie spanne het Vrydag 3 Augustus onderskeidelik teen Adelaide Gymnasium se 2de en 3de spanne meegeding.  Die spanne het baie goed teen mekaar opgeweeg en opwindende wydstryde opgelewer.  Die aanvallende spel van Templeton se 1ste span het vrugte afgelewer toe Butsha Simelela ‘n doel vir Templeton aangeteken het.  Die eindtelling was dan ook 1 – 0 in Templeton se guns.

m_temp_vs_adelaide_2132012_08_04.jpg (medium) (240 x 158) (13.87KB)  m_temp_vs_adelaide_2532012_08_04.jpg (medium) (240 x 158) (13.50KB) 
Sibusiso Qomfo van Templeton dribbel die bal terwyl Sinethemba Duma haar aan die linkerkant en Notsikelelo Johnson haar aan haar regterkant ondersteun  Nonsikelelu Johnson van Templeton op die aanval met die ondersteuning van Sharick Jacobs en Chumisa Xabanisa.  Sandisiwe Blei dek die agterhoede. 

 

Die 2de span van Templeton het uit die staanspoor Adelaide onder druk geplaas en in Adelaide se doelsirkel geboer.  Olothando Twalo slaag uiteindelik met ‘n doel vir Templeton.  Die eintelling was 1 – 0 in Templeton se guns.  Hierdie wedstryde is almal in ‘n baie goeie sportmangees gespeel.  Daar is ook geleentheid gegee vir leerders om hul skeidsregtersvaardighede uit te bou.

 m_temp_vs_adelaide_3202012_08_04.jpg (medium) (240 x 158) (13.69KB)  m_temp_vs_adelaide_3052012_08_04.jpg (medium) (240 x 158) (13.39KB)
Sandiswa Booi dribble die bal  Nondi Nilane en Anathi Makubala jaag die hokkie bal 

 

Templeton wil hul opregte dank teenoor Adelaide Gymnasium uitspreek wat hul Hokkieveld vir Templeton beskikbaar stel vir Templeton se “tuis” wedstryde.  Dit word opreg waardeer 

back
 

website design, search engine optimisation by ZAWebs Designs ZA Webs
web hosting by ZAWebs Hosting ZA Web Hosting